Lees ’n uittreksel uit Kgalema Motlanthe: A political biography deur Ebrahim Harvey
Met die ANC se leiersverkiesing wat binnekort plaasvind, is Ebrahim Harvey se biografie van adjunkpresident Kgalema Motlanthe die perfekte leesstof. In Kgalema Motlanthe: A political biography deel Motlanthe die bekommernisse wat hy gehad het toe hy Zuma se aanbod om as sy adjunk te dien in 2009 aanvaar het. Hy bespreek ook sy hoop op permanente verbeterings in die ANC:
Ofskoon Kgalema, as ’n lojale ANC-kader, Zuma se aanbod aanvaar het om nĂ¡ die 2009-verkiesings as sy adjunk te dien, het hy vele ernstige bekommernisse gehad oor talle goed wat gebeur het sedert die konferensie in Desember 2007, gedurende die agt maande wat hy president was en nadat die Zuma-administrasie in 2009 die bewind oorgeneem het.
Hy het in sy kort tyd as president polities en persoonlik gegroei. Volgens hom het dit hom veral die ANC se strategiese doelwit duideliker laat sien: die skep van ’n verenigde, nierassige en nieseksistiese demokrasie.
Boekbesonderhede
- Kgalema Motlanthe: A Political Biography deur Ebrahim Harvey
Boek se tuisblad
EAN: 9781431404384
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment