Archive for the ‘Afrikaans’ Category
by Amy on Nov 9th, 2011
McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, het voorheen as Steven Shezi en toe as McIntosh Nzimande bekendgestaan. Die rede vir sy vele naamsveranderinge word in ‘n skokkende memoir, My Father, My Monster, onthul.
Polela het aan Elmari Rautenbach gesê dat sy ma, Delisile Shezi deur sy pa vermoor is. Polela is egter nooit die waarheid oor sy ma se dood vertel nie. Sy naam is verander na McIntosh Nzimande sodat sy pa hom nie moes opspoor nie. Toe hy uiteindelik uitvind wat met sy ma gebeur het, wou hy by die Polelarivier selfmoord pleeg. Maar Polela het sy selfmoordgedagtes oorkom en gekies om te lewe. As herinnering aan die besluit het hy homself na die rivier vernoem.
Dit het drie naamsveranderinge geverg en twee jaar om die boek te skryf, maar langer as wat hy kan onthou om met sy verlede vrede te maak.
Of dié vrede vergifnis vir sy pa insluit vir die moord op sy ma, kan kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, egter nog nie sê nie. Dit was moeilik genoeg om weer deur al die traumatiese herinneringe te werk toe hy sy boek oor sy ma se dood, sy skokontdekking van wie die skuldige is, en sy en sy sussie se lewe daarna geskryf het, sê hy.
Boekbesonderhede
» read article
by Amy on Jul 6th, 2011
Ronnie Kasrils se liefde vir sy oorlede vrou Eleanor blyk duidelik uit sy antwoorde op die Proust-vraelys in Beeld.
Hy sê een van die gelukkigste tye in sy lewe was toe hy en Eleanor in die jare negentig, ná 27 jaar van ballingskap, na Suid-Afrika teruggekeer het en in hul in Parkhurst gebly het. Nog ‘n hoogtepunt was toe hulle na hul droomhuis by die see getrek het. Hy wil nêrens anders bly nie, omdat daar soveel herinneringe aan Eleanor in dié huis is.
En sy antwoord op die vraag oor wie die liefde van sy lewe is? Natuurlik, “Eleanor”.
Kasrils het pas die Alan Paton-prys vir Nie-fiksie gewen vir die biografie van sy vrou, getiteld The Unlikely Secret Agent. Kasrils sê ook in Beeld dat hy graag meer kreatiewe skryfwerk wil doen:
Wat doen jy op Saterdae?
Soos elke ander dag, lees ek eerste my e-pos. Ek swem vroegoggend. Ek ontmoet vriende vir koffie of gee my oor aan ’n ete by ’n deli. In die middag kyk ek sport. Saans gaan ek uit vir ete, en soms eindig my aand in ’n jazz-klub. Toe Eleanor nog geleef het, sou ek dit net geniet om saam met haar te ontspan. Ons sou langs die see gaan stap, en seekos en witwyn vir middagete geniet.
Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi?
Raenette Taljaard, Rian Malan, Trevor Manuel, Grethe Fox, Xolela Mangcu, Judith February, Graça Machel, Zapiro, Pregs Govender, Leon Wessels, Nkosazana Dlamini-Zuma, Tariq Ali, Victoria Brittain en Pallo Jordan.
Boekbesonderhede
» read article
by Amy on May 31st, 2011


Lauren Beukes se wetenskapfiksieroman Zoo City, wat in ‘n futuristiese Johannesburg afspeel, is onlangs met die gesogte Arthur C Clarke-toekenning bekroon. Beukes het aan Karla Janse van Vuuren van Beeld vertel wat volgens haar die sewe wonders van Johannesburg is.
Beukes noem onder meer die apartheidsmuseum, die sentrale metodistekerk en die stadsprofiel. Lees haar volledige lys hieronder:
DIE MENSE VAN JOHANNESBURG
Johannesburg is toeganklik op ’n manier waarmee geen ander stad kan spog nie en die rede hiervoor is sy mense – hulle is so warm en vriendelik.
Die diversiteit is natuurlik ook ongelooflik omdat Johannesburg ’n stad van immigrante is. Daar is ’n mengsel tale, kulture en kookkuns, veral in die middestad – van mense van die Ivoorkus, Ghana, Ethiopië, Nigerië, die Kongo, Kameroen en mense wat jare gelede van China, Portugal, Libanon, Israel, Duitsland en Italië gekom het.
’n Mengsel soos dié het ek nog op geen ander plek in die wêreld teëgekom nie en dit sorg dat Johannesburg ’n ekstra spesiale stad is.
Boekbesonderhede
» read article
by Thando on Aug 6th, 2010

Bietjie meer as ‘n jaar gelede het dit gelyk of Jacob Zuma se ster net al helderder skyn. Nou blyk dit dat die koalisie wat hy so mooi in watte toegevou wou hou moontlik uitmekaar kan skiet. Met moeilikheid op die horison begin die met mag in die ANC rondkyk vir plan B. William Gumede glo die plan kan dalk net Kgalema Motlanthe wees.
Iets buitengewoons is aan die gebeur. Net meer as ’n jaar nadat hy op ’n golf van voetsoolvlak-steun tot president van Suid-Afrika verkies is omdat hy oënskynlik meer in voeling is met die armes, het die ontevredenheid oor mnr. Jacob Zuma se leierskap ’n hoogtepunt onder sy ondersteuners bereik.
Trouens, die ontevredenheid is so groot dat potensiële teenstanders hulself posisioneer om gereed te wees vir ’n oorname indien Zuma op die ANC se nasionale konferensie in 2012 uit die stoel gelig word.
Nog verstommender is dat sommige van Zuma se voorheen luidrugtigste ondersteuners hom nou as ’n “tydelike” leier beskou – een wat nog deur dieselfde lot getref kan word as sy voorganger, oudpres. Thabo Mbeki, wat deur ’n koalisie onder leiding van Zuma as ANC-leier uitgewerk is.
Boekbesonderhede
» read article
by Thando on Jul 21st, 2010

Sasha Polakow-Suranksy se boek The Unspoken Alliance wat handel oor die samewerking tussen Israel en Suid-Afrika het hewig reaksie uitgelok. Veral sy bewering dat Israel moontlik kernwapens aan Suid-Afrika wou verkoop tydens Apartheid. Johan Swanepoel, ‘n afgetrede politikus kyk van naby na die beweringe asook die verhouding tussen die twee lande.
In sy boek The Unspoken Alliance: Israel’s Secret Relationship with Apartheid South Africa, maak die skrywer Sasha Polakow-Suransky die stelling dat die regerings van Suid-Afrika en Israel in 1975 onderhandel het oor die moontlikheid dat Israel kernwapens aan die Suid-Afrikaanse regering kon verkoop.
Volgens Rapport van 30 Mei 2010 het pres. Shimon Peres van Israel in ’n sterk bewoorde verklaring ontken dat die Joodse staat se vriendskap met Suid-Afrika ooit sodanig was dat die twee lande byna ’n kernwapentransaksie aangegaan het.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Crossed-Flag-Pins
» read article
by Thando on Jul 9th, 2010

William Gumede bekyk Julius Malema se posisie in die ANC en “voel Malema se greep op die jeugliga is die groot sleutel tot die bron van sy mag.” Sou hy egter daardie posisie verloor sal sy stem en ondersteuning vinnig kwyn. Is dit ‘n moontlikheid?
Hoekom lyk dit asof pres. Jacob Zuma en die meeste ANC-leiers gevangenes van die ANC-jeugligaleier Julius Malema is?
Die eerste bron van Malema se mag is die feit dat hy ’n leidende rol gespeel het om oudpres. Thabo Mbeki uit die hoogste stoel in die ANC én die land te lig. Dit gebeur baie selde dat leiers van Afrika-bevrydingsbewegings só die trekpas kry.
Malema het gehelp om ’n beduidende deel van die ANC agter Zuma te skaar in sy suksesvolle stryd met Mbeki om beheer van die party. Zuma skuld Malema dus ’n reuse- politieke guns.
Boekbesonderhede
» read article
by Thando on Jun 29th, 2010

Eben Human gesels met Gus Mills oor sy jare lange navorsing oor hiënas. Baie van Gus en sy vrou Margie se kennis en avontuurstories is saamgevat in hul boek Hyena Nights and Kalahari Days.
Die vroeë jare sewentig was ’n onstuimige tyd op die kampusse van baie Suid-Afrikaanse universiteite.
Lang hare en bakkebaarde was nog in die mode vir mans, en die vroulike studente het kort rokkies gedra.
Teen hierdie agtergrond moet gekyk word na die jong Ikey Gus Mills se besluit om in die baie afgeleë Kalahari-gemsbokpark navorsing oor die bruinhiënas te gaan doen.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Search.com
» read article
by Thando on Jun 17th, 2010
Annemarié van Niekerk het onlangs die pad Amsterdam toe geneem om met die uiters geheimsinnige outeur, Richard de Nooy, te gaan gesels. Die talentvolle skrywer en beeldende kunstenaar se jongste roman, “Zacht als Staal”, word in Augustus uitgereik.
Ek parkeer in Warmondstraat en as ek die laaste entjie na Richard de Nooy se huis in Hillegomstraat stap, loop ek my teen ’n groot hyskraan vas. Die monsteragtige geel affêre is besig om ’n volledige vooraansig van ’n huis – muur, vensters, deur … alles – met delikate aksie die lug in te hys en vervolgens bo-op ’n drieverdieping hoë huis se dak te laat neersak, sentimeter vir sentimeter. ’n Onverwagse Donderdagoggend-kunsie in ’n drukke Amsterdamse straat; weinig merk dit. Ek staar oopmond; kuns is fassinerend. En Amsterdam se strate is nooit sonder intrige nie.
Dit weet Richard de Nooy se romankarakters ook alte goed. Dit is hulle turf dié. Hier loop die spore van Rem en Ys; van Staal en Alma; elkeen op ’n eie missie. Dit is die teelaarde van De Nooy se romans. Six Fang Marks and a Tetanus Shot – in Nederlands vertaal as Zes Beetwonden en een Tetanusprik – is in 2007 met die Universiteit van Johannesburg Prys vir Beste Eerste Boek bekroon, het ’n “honourable mention” by die M-Net Toekennings gekry en was op die langlys vir die Sunday Times Literary Award. Sy jongste roman, Zacht als Staal, verskyn in Augustus in Nederland en word nou al deur Nigh & Van Ditmar-uitgewers met vet letters aangekondig.
Boekbesonderhede
» read article
by Thando on Jun 15th, 2010

Jodi Bieber se pragboek Soweto is onlangs by die shebeen “The Shack” in Orlando-Wes bekendgestel. SARIE het ‘n onderhoud met die fotograaf gesels oor haar tyd in Soweto, Niq Mhlongo en haar gunsteling foto.
Hoekom het jy Niq Mhlongo gevra om die essay voor in jou boek te skryf?
Niq is in Soweto gebore en hy ken die karakter van die plek. Hy is een van ons belowendste jong skrywers. Ek wou nie iemand van êrens anders gehad het om oor Soweto te skryf nie. Ek wou hê dit moet iemand wees wat in ‘n moderne stem kan sê hoe dit is om in Soweto te woon. Vir my het dit ontsettend baie verander. Op die oog af is dit vaal en bruin, maar as jy inzoem, is daar baie kleur en natuurlik is daar baie individuele karakters wat kleur gee aan hierdie plek. Daar is kreatiwiteit en individualiteit. Mense beskryf dit as huis. Dis lewendig en energiek. Ons moet die leefstyl van die mense in Soweto beny – kinders speel sorgeloos in die strate, oumas is by die huis, deel van die gemeenskap. Mense leef ‘n opnebare lewe na buite , in die strate en misdaad is tot ‘n groot mate hokgeslaan. Elke straat het iemand wat op die plaaslike gemeenskapsforum dien. Hulle duld net nie meer misdaad nie. Dis nie hoe ons in ons voorstede leef nie. Ek hou van hoe almal deel is van die gemeenskap en ingesluit word by almal se lewens. As iemand trou, dan word ‘n tent in die middel van die straat opgeslaan en die hele straat is genooi. Dieselfde geld begrafnisse. As jy eensaam is in Soweto is dit omdat jy kies om eensaam te wees. Miskien wil jy net wegkom van alles. Maar ek is mal oor die gevoel van gemeenskaplikheid en samehorigheid in Soweto.
Boekbesonderhede
» read article
by Thando on Nov 12th, 2009

Die kunsinnige Zinaid Meeran – skrywer agter Saracen at the Gates se kop is oop – hy sê self sy gunsteling mense is die sonder ras, kleur of geslag. Mense wat nie ingeperk word deur kultuur, geslagsrolle of tradisie nie. Dit is ook so vir die hoof karakter in sy boek – Zakira – wat haarself van nuuts moet definiëer. Deborah Steinmar het die kleurvolle knaap in Kaapstad ontmoet:
Zinaid Meeran lyk soos Peter Pan, Dorothy van Oz en Michael Jackson als in een. Hy dra ’n kortbroek en ’n sonbril met wit raam en donker lense soos ’n ruimtereisiger of ’n huisvlieg. Meeran is ’n kultusfiguur met ’n besige, goddelose brein en ’n lakoniese geselstrant – en hy het onder meer ’n meestersgraad van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles.
Dié Suid-Afrikaanse skrywer het onlangs die EU-toekenning vir sy debuutroman, Saracen at the Gate, gewen. Die boek is ’n skreeusnaakse wipwaentjierit wat wemel van oordadige, fassinerende detail soos Vikram Seth se boeke, elegant en diepgaande soos Salman Rushdie se werk, psigedelies bont soos Bollywood, masala, hibiskus en mango. Dit handel oor ’n Johannesburgse kerriemafia-prinses, Zakira, wat verlief raak op die leier van ’n anargistiese vrouebende.
Boekbesonderhede
» read article